ONS STORIE | EST. 1988
Bakenshoogte is ‘n 5.5 ha plasie, wat afgesny is van een van Botrivier se historiese plase, nl Compagniesdrift.
Bakenshoogte is die trotse eiendom van Johan en Wilma Punt. Ons twee seuns, Gilbert en Hendri, asook ons baie energieke bloedhond, Jake, vorm deel van ons familie. Die verweerde tafelbergsandsteen is ‘n goeie pasmaat vir ons olyfbome. Die eerste boord is gevestig in 2005 en in 2006 is ‘n tweede boord aangeplant. Waarom olyfbome sou u waarskynlik vra? Ons het baie dinge probeer – selfs pragtige wit dorper-stoetskape – maar ongelukkig proe ‘n stoetskaap se vleis dieselfde as enige ander skaap s’n! So… olyfbome was ‘n opsie, want wie eet nou olywe vanaf die bome? Buitendien het Johan iets gesoek om sy vrou uit die onderwys te kry en meer by die boerdery te betrek!
Skuins oorkant die plaas het ons ‘n area omskep in ‘n industriële perseel (kan hy met n kleinletter?) (7.3 Ha) met ‘n verskeidenheid besighede.
Die nuutste toevoeging tot ons besigheid is ons stoorfasiliteit wat tans in sy tweede fase is en gereed is vir nuwe huurders om hul eiendom te stoor.