Stoorfasiliteit

Stoorfasiliteit

Hoekom Bakenshoogte se stoor fasiliteit?

NIE NET HET ONS 'N GROOT VERSKEIDENHEID EENHEDE OM JOU SAK TE PAS NIE, MAAR WAARBORG ONS OOK DIE VOLGENDE:

Veiligheid

Elke eenheid beskik oor 'n industriele oprolstaaldeur (2.4m hoog) wat gesluit word. Die stoor fasiliteit perseel word ook 24-uur per dag beman deur sekuriteitspersoneel.

Skoon & Netjies

Alle eenhede is skoon, gepleister en geverf en word skoongemaak voor elke huurder hulle goedere intrek.

Goeie Ventilasie & Isolasie

Daar is baie goeie ventilasie in elke eenheid om vars lug deur te laat sowel as isolasie in die dakke.

Sentraal Geleë

Bakenshoogte se stoorfasiliteit is geleë op die R43 buite Botrivier.  Dit is die ideale afstand vanaf Hermanus en Kleinmond om jou goedere te stoor, asook vir vakansie- of naweekgangers om hulle bote/karavane te stoor en oppad van die Kaap af op te laai.

"Nie net voel ek gerus as ek my persoonlike besittings aflaai by Bakenshoogte nie, maar hulle diens is uitstekend. Die eenheid was silwerskoon toe ek afgelaai het."

Kontak ons vandag

Bel / Whatsapp Wilanie

081 842 7567

Stooreenhede Beskikbaar

Ons het 'n groot verskeidenheid stoor fasiliteite by Bakenshoogte beskikbaar om aan jou behoeftes te voldoen.