XXY Vleisprodukte

Grootfontein

Sedert ons die Dorper skape geskuif het vanaf Bakenshoogte na ons familieplaas , Grootfontein, het ons onverpoosd gewerk om ‘n skaapkudde op te bou, sodat ons hierdie heerlike vleisproduk met u kan deel.

Grootfontein is geleë in die Dewetsdorp distrik, ‘n klein dorpie suidoos van Bloemfontein. Hier boer ons met Simbra beeste, asook vleismerino skape. Ons voorouers was merino boere, maar ons wou meer konsentreer op die produsering van vleis. 

XXY is die merk

waaraan ons diere geken word, daardeur behou ons die naspeurbaarheid van ons vleis. Ons diere wei hoofsaaklik op die natuurlike grasse van die Vrystaatse vlaktes, waaronder Rooigras (Themeda Triandra), Oulandsgras (Eragrostis Curvula), Hartjiegras (Eragrostis Racemosa), Borseltjiegras (Anthephora Pubescens), KweekPaspulum, waterkweek (Paspulum Distichum), bruin hoenderspoor (Eustachus Paspaloides) en vele meer. Elkeen van hierdie grasse dra by tot die besondere smaak van die vleis in die Vrystaat.

Eenvoudig die beste

Stel jy belang om te koop?

Kontak ons vir ‘n volledige pryslys.

Ons het ‘n koue trokkie wat weekliks tussen die plaas en ons deli by Bakenshoogte vleis aanry.