Olyfolie

Olyfolie

Vanaf April tot Junie word ons olywe met die hand gepluk, binne 24 uur gepars en uiteindelik versny tot die Bakenshoogte olyfolie met sy kenmerkende vars olyfreuk en aromatiese pepersmaak.

Bakenshoogte-olyfolie voldoen aan al die standaarde om as ekstravirgin-olyfolie geklassifiseer te word, nl

* Free Fatty acid <= 0.8 (Bakenshoogte-olie is 0.16)

* Peroxide value <= 20  (Bakenshoogte-olie is 5.5)

Hierdie eienskappe, asook die besondere smaak het aan ons olie ‘n dubbelgoue toekenning besorg tydens die SA Olive Awards in 2011, goue toekennings in 2012 en 2013. In 2013 is ons ook genomineer as een van die ABSA top 5-olyfprodusente in SA. Tydens die SA Olive Awards-aand in 2014 en 2015 het ons silwer toekennings ontvang.

Die olie word op die plaas gebottel in 375ml elegante glasbottels, 1-liter- en 5-literkannetjies. Olie kan ook in jou eie houer getap word op die plaas.